Inval van Pole | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Wêreldoorlog | |||||||||
Kaart wat die begin van die Tweede Wêreldoorlog in Europa vertoon | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Nazi-Duitsland Slowakye Sowjetunie (vanaf 17 September) |
Pole | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Adolf Hitler Walther von Brauchitsch Fedor von Bock Gerd von Rundstedt Ferdinand Čatloš Kliment Worosjilof Michail Kowalef Semyon Timosjenko |
Edward Rydz-Śmigły | ||||||||
Sterkte | |||||||||
Nazi-Duitsland: 60 divisione 6 brigade 9 000 wapens[1] 2 750 tenks 2 315 vliegtuie[2] Slowakye: 3 divisione Sowjetunie: 33+ divisione 11+ brigade 4 959 wapens 4 736 tenks 3 300 vliegtuie Totaal: 2 000 000 |
Pole: 39 divisione[4] 16 brigade[4] 4 300 wapens[4] 880 tenks 400 vliegtuie[1] Totaal: 950 000 | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
Nazi-Duitsland: 16 343 gesneuweldes 3 500 vermiste[5] 30 300 gewondes Slowakye: Sowjetunie: Totaal: 59 000 |
Pole: 66 000 gesneuweldes 133 700 gewondes 199 700 totale slagoffers 694 000 gevangenes 904 000 totale verliese |
Die Inval van Pole, kodenaam "Fall Weis", was 'n militêre konflik wat in 1939 in Pole plaasgevind het en was 'n voorloper van die Tweede Wêreldoorlog. Die inval is uitgevoer deur Nazi-Duitsland, die Sowjetunie en 'n klein, Duits-geallieerde, Slowaakse eenheid.
Die inval van Pole het die begin van die Tweede Wêreldoorlog in Europa gekenmerk, siende dat Pole se westerse geallieerdes, die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland[8] oorlog teen Duitsland verklaar het op 3 September 1939. Hul voorbeeld is gevolg deur, onder andere, Frankryk, Suid-Afrika en Kanada. Die inval van Pole het op 1 September 1939 begin: een week na die ondertekening van die geheime Molotof-Ribbentrop-verdrag deur Duitsland en die Sowjetunie, waarin hulle verklaar dat hulle militêre konflik tussen dié twee lande sal vermy. Die inval het tot gevolg gehad dat Pole geheel en al deur Duitsland en die Sowjetunie beset was.
Nazi-Duitsland het Operasie Himmler in werking gestel: die doel van dié operasie was om Nazi-Duitsland 'n rede of verskoning te gee om Pole binne te val. Die operasie het bestaan uit 'n reeks aanvalle wat uitgevoer is onder die dekmantel van die Pole, om sodoende die illusie van 'n aggressiewe Pole te skep, met Duitsland in die kruisvuur. Op 31 Augustus 1939 het die Duitsers 'n aanval geloods teen Sender Gleiwitz, 'n Duitse radiostasie, en as "wedervergelding" het Duitse magte Pole van die Noorde, Suide en Weste ingeval. Die Poolse leër was dun versprei langs hul lang grense en was gou geforseer om na die Ooste terug te trek. Na die mid-September Poolse nederlaag in die Slag van Bzura, het die Duitsers 'n duidelike voordeel gehad. Die Poolse magte het verder na die Suidooste teruggetrek, volgens 'n plan wat 'n lang verdedigingslyn vereis het naby die grens tussen Pole en Roemenië, vanwaar die Geallieerdes 'n teenaanval sou loods en verligting aan die Poolse troepe sou bring.[9]
Op 17 September 1939 het die Sowjetse Rooi Leër, in samewerking met Duitsland, die oostelike dele van Pole binnegeval. Die Sowjetse magte het hul deel uitgevoer, soos in die geheime bylaag van die Molotof-Ribbentrop-verdrag vervat is: dié bylaag het Oos-Europa in Nazi en Sowjetse sfere van invloed verdeel. Soos die tweede front hulle in die gesig gestaar het, het die Poolse regering besluit dat die verdedigingstroepe naby die Suidoostelike grens se missie nie meer uitvoerbaar was nie en het hulle beveel dat alle troepe hulself na neutrale Roemenië onttrek. Teen 1 Oktober het Duitsland en die Sowjetunie die hele Poolse gebied in hul mag gehad, alhoewel die Poolse regering nooit oorgegee het nie. Pole se oorblywende land- en lugmagte het ook na hul buurlande, Roemenië en Hongarye, teruggeval. Baie van die bannelinge het daarna by die nuutgeskepde Poolse Leër aangesluit in geallieerde Frankryk, Sirië (toe 'n Franse mandaat) en die Verenigde Koninkryk.
In die nasleep van die konflik is 'n versettingsbeweging, die Poolse Geheime Staat (ook genoem die Poolse Ondergrondse Staat), gevorm. Pole se vegeenhede het aangehou om die Geallieerdes se militêre operasies te steun, tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Duitsland het die Sowjets-besette dele van Pole verower toe dit die Sowjetunie op 22 Junie 1941 binnegeval het, maar het die gebiede weer verloor in 1944 aan die Sowjetse Rooileër. Tydens die verloop van die oorlog het Pole meer as 20% van sy vooroorlogse bevolking verloor onder 'n besetting wat die einde van die Tweede Poolse Republiek aangeteken het.